WES-KAAP. – ’n Beloning van tot R100 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van verdagtes, ná voortslepende taxiverwante moorde in Palmerstraat, Atlantis. ’n 14-jarige leerling in gr. 8 is in die jongste voorval dood.
Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, sê die besluit volg ná ’n skietvoorval buite Hoërskool Atlantis waar ’n volwasse man en ’n leerling doodgeskiet is. Hy het inwoners aangemoedig om anoniem met inligting na vore te kom.
‘n Gewapende man het ’n taxibestuurder genader terwyl hy besig was om kinders op te laai en die noidlottige skote geskiet. JP Smith, DA-burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die Stad Kaapstad, het die oproep om inligting ondersteun en gesê die stad se veiligheid- en sekuriteit-ondersoekeenheid sal bystand verleen. Druk hier om meer te lees.Anonieme wenke kan 24 uur per dag gegee word by 0800 00 6992 of per e-pos aan [email protected]
Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits polisiebeamptes van Atlantis-polisiekantoor was kort voor 15:00 op die toneel. ‘n Wit Toyota Quantum-minibus is buite die skool aangetref, met die liggaam van ‘n man (42) daarbinne. Hy het verskeie skietwonde in sy rug en boud gehad. ’n Meisie (14) is binne die skoolterrein met skietwonde aan haar bors aangetref.
Die gemeenskap het die polisie meegedeel dat nog twee meisies, ’n 14- en ’n 16-jarige, ook gewond en na ’n hospitaal geneem is. ’n Onbekende man het glo lukraak die taxibestuurder en wagtende leerlinge begin skiet. Die polisie het twee sake van moord en twee van poging tot moord geregistreer. Die ondersoek sal deur die provinsiale speurders se eenheid vir taxigeweld behartig word. Enigiemand met relevante inligting word versoek om na vore te kom.
Mev. M.J. Adonis, skoolhoof van Hoërskool Atlantis, het in ‘n verklaring gesê traumaberading word aan leelinge en personeel gebied. Toetse en skoolgeleenthede gaan soos normaal voort.







2 Responses
Very nice post and straight to the point. I am not sure if this is really the best place to ask but do you guys have any ideea where to hire some professional writers? Thank you 🙂
Can I simply say what a relief to seek out somebody who truly is aware of what theyre talking about on the internet. You definitely know learn how to convey a problem to mild and make it important. Extra people need to read this and perceive this facet of the story. I cant consider youre not more standard since you definitely have the gift.