NUM beëindig sy ooreenkoms met Gold One-myn ná weke se betogings

Lees ook :

Die National Union of Mineworkers (NUM) het 'n ooreenkoms met die Modder East Gold One-myn opgeskort waarvolgens net lede van sy vakbond daar aangestel mag word.

LEES OOK: Man verdrink in gewilde dam in die Tafelberg Nasionale Park

Die National Union of Mineworkers (NUM) het ‘n ooreenkoms met die Modder East Gold One-myn opgeskort waarvolgens net lede van sy vakbond daar aangestel mag word. Dit volg terwyl die spanning tussen die NUM en lede van die Association and Construction Union (Ancu) steeds aan die oplaai is.

Mynwerkers wat na bewering lede van Amcu is, het vandeesweek buite die myn betoog in ‘n poging om druk op die myn uit te oefen om eerder sy bande met NUM te verbreek.

Kragtens ‘n dekade lange ooreenkoms met die myn het NUM eksklusiewe regte om werkers te verteenwoordig. Die vakbond het egter Dinsdag gesê dit het ”n verantwoordelike besluit’ geneem om die lewens van werkers te beskerm.

“Daar is kommer dat as die gewelddadige dade voortduur, sommige van ons lede of onskuldige werkers vermoor gaan word,” het Livhuwani Mammburuu, NUM-woordvoerder, gesê.

#NUM #GoldOne #Myn #Afrikaans #Nuus #Newsfeed

Bronne gebruik: IOL; Eyewitness News.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief