Lees ook: Prinses Kate het kanker
VK.- ‘n Nuwe foto van prins Louis, wat deur prinses Kate geneem is, is vir sy sesde verjaardag vrygestel.
Die paleis het gesê die foto is vrygestel as ‘n manier om diegene wat vir die prins verjaardagwense gestuur het, te bedank. Hulle het ook die media verseker die foto is nie gedokter nie.
Dit volg na ‘n gedokterde foto op Moedersdag vrygestel is terwyl prinses Kate besig was met behandeling. Prinses Kate is gediagnoseer met kanker na sy in Januarie ‘n operasie ondergaan het.
Sy het in Februarie met haar behandeling begin. Die koninklike familie het gevra vir privaatheid tydens haar behandeling.
Bronne: BBC, The Sun, AP News
Lees ook: Prinses Kate het kanker





