Lees ook: Video van Kate en William laat tonge meer klap
VK. – Prinses Kate het vandag aangekondig sy is gediagnoseer met kanker en is in die vroeë stadium van behandeling.
Die prinses het in haar verklaring gesê die diagnose was ’n “groot skok”. Sy het in Januarie ’n abdominale operasie gehad. In haar verklaring het sy gesê dokters het nie aanvanklik gedink sy het kanker nie, maar na toetse uitgevoer is, het hulle besef daar is kankerselle teenwoordig.
Kate het gesê die operasie was ’n sukses, maar haar mediese span het gesê sy moet voorkomende chemoterapie ontvang.
Haar aankondiging kom na maande se bespiegeling oor waar die prinses was.
Bronne: CNN, Reuters, Sky News
Lees ook: Prinses Kate se privaatheid glo deur hospitaal oortree





