Brekende Nuus
Afrikaans

Prinses Kate het kanker

In haar verklaring het die Prinses van Wallis gesê dokters het nie gedink sy het kanker nie, maar na toetse uitgevoer is, het hulle besef daar is kankerselle teenwoordig.

Prinses Kate het kanker

fotokrediet: Skermgreep
Prinses Kate het kanker fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Video van Kate en William laat tonge meer klap

VK. – Prinses Kate het vandag aangekondig sy is gediagnoseer met kanker en is in die vroeë stadium van behandeling.

Die prinses het in haar verklaring gesê die diagnose was ’n “groot skok”. Sy het in Januarie ’n abdominale operasie gehad. In haar verklaring het sy gesê dokters het nie aanvanklik gedink sy het kanker nie, maar na toetse uitgevoer is, het hulle besef daar is kankerselle teenwoordig.

Kate het gesê die operasie was ’n sukses, maar haar mediese span het gesê sy moet voorkomende chemoterapie ontvang.

Haar aankondiging kom na maande se bespiegeling oor waar die prinses was.

Bronne: CNN, Reuters, Sky News

Lees ook: Prinses Kate se privaatheid glo deur hospitaal oortree