Nuwe insekspesie in Richtersveld heet ‘Richtersveldiella sanparkensis’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – Die ontdekking van ‘n nuwe insekspesie, die Richtersveldiella sanparkensis, is bewys van die die Richtersveld Nasionale Park se biodiversiteit. Die nuwe insekspesie word na SANParke en die park self vernoem. Verskeie ander vlerklose kalanders is ook onlangs hier geïdentifiseer.

Volgens SANParke se woordvoerder, JP Louw, het dr. Massimo Meregalli (Italië) en dr. Roman Borovec (Tsjeggiese Republiek) twee internasionale entomoloë, die insekte in afgeleë dele van die park ontdek. Die Armmanshoekvallei, wat nog nie voorheen vir grondinsekte ondersoek is nie, het verskeie nuwe spesies opgelewer. Studie van die spesies is deur verskeie faktore bemoeilik, waaartydens Pieter van Wyk, die kurator van die Richtersveld Nasionale Park se kwekery, ondersteuning en leiding gebied het.

Die ontdekking bevestig weer die Richtersveld Nasionale Park as ’n belangrike biodiversiteit-brandpunt en beklemtoon die waarde van voortgesette wetenskaplike navorsing in beskermde gebiede.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief