Nuwe kapingtendense in Suid-Afrika

Lees ook :

Nuwe kaping tendense in Suid-Afrika
Nuwe kapingtendense in Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: WhatsApp-gebruikers gaan moet betaal as hulle foto’s en boodskappe wil hou

Die versekeringsgroep Infiniti het motoriste gewaarsku om versigtig te wees soos die feesseisoen nader kom. Die groep het gesê die hoeveelheid kapings in die land het vermeerder oor die laaste paar jaar met misdadigers wat meer gewelddadig raak.

Kapings het in 2022/23 met 8% gestyg met 22 742 sake wat aangemeld is.

Die mees onlangse kapingtendense sluit kapers in wat duur voertuie teiken. Infiniti het gewaarsku voertuie soos die Toyota Prado, Toyota Landcruiser, Hilux-bakkie en Fortuner SUV word veral geteiken.

Slagoffers wat gekaap word, word ook beroof van hulle besittings en word gedwing om geld aan die kapers te stuur met hulle banktoepe op hulle fone.

Daar is ook ’n nuwe bedrogspul by petrolstasies wat die “skoolmeisie bedrogspul” genoem word. Manlike motoriste word deur ’n meisie, tussen 13 en 17, in ’n skooluniform genader.

Sy vra dan om die man se foon te leen om haar ma te bel. Wanneer die meisie in jou kar is, klop  ’n “metropolisiebeampte” skielik aan jou venster en vra wat gaan aan. Die meisie skree dan en sê die man probeer haar verkrag en ontvoer. Die motoris word dan in hegtenis geneem en gesê om R3 000 te betaal sodat ’n saak nie teen hom gemaak word nie. Baie mans word gereeld deur dié mense gebel en gevra vir geld sodat ’n saak nie gemaak word nie.

Tracker het gesê hulle data wys ’n maatskappyvoertuig staan dubbel die kans om gekaap te word met 65% teenoor 35% van persoonlike voertuie.

Bronne: BusinessTech, TimesLIVE, Jacaranda FM

Lees ook: WhatsApp-gebruikers gaan moet betaal as hulle foto’s en boodskappe wil hou

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief