Willie Aucamp, die minister van bosbou, visserye en die omgewing, het die nasionale erfenisstrategie vir olifante wat in die Staatskoerant gepubliseer is, vir implementering aangekondig.
Die strategie het ten doel om ’n meer gestruktureerde en wetenskaplik-gebaseerde benadering te vestig vir die bewaring en bestuur van die Afrika-olifant in Suid-Afrika. Volgens die departement is die olifante plaaslik tans nie bedreig nie en word dit as ’n spesie van “minste kommer” beskou, met stabiele bevolkingsvlakke. Die beleid is in samewerking met die Suid-Afrikaanse nasionale instituut vir biodiversiteit en SANParke. Verskeie belanghebbendes is by die proses betrek, insluitend ’n nasionale olifantberaad waar kwessies soos mens-olifant-konflik bespreek is en oplossings oorweeg is. Die strategie sal as riglyn dien vir verskeie bestaande en toekomstige bestuurs- en navorsingsraamwerke wat met olifantbewaring verband hou. Dit sluit ook planne in vir die beter bestuur van olifantbevolkings en hul habitat.
Suid-Afrika sê die strategie is in lyn met internasionale biodiversiteitsverpligtinge en vorm deel van die land se bydrae tot globale olifantbewaringsdoelwitte.
Druk hier om meer te lees.





