Gerda Steyn, goue meisie van SA-atletiek, het vandag nie net ‘n vyfde oorwinning in die Comrades-ultramarathon behaal nie, sy het ook ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 5:44:53 opgestel.
In die tweede plek vir die vroue was Nobukhosi Tshuma met ’n tyd van 5:53:36. Sy is gevolg deur Ivette van Zyl in die derde plek met ’n tyd van 6:02:30.
Vandag se eerste plek is Steyn se vierde Comrades-wentitel in ’n ry.
Vir die mans het George Kusche die wenstreep in ’n indrukwekkende rekortyd van 5:15:56 oorgesteek.
Piet Wiersma van Nederland was in die tweede plek met ‘n tyd van 5:19:36, met Mbuti Mollo wat die derde plek geneem het met ’n tyd van 5:21:31.
Bron: Times Live





