GAUTENG. – Altesaam 13 opgeleide spesiale taakmagoperateurs (STF – Special Task Force) word nou in die Tshwane SAPD-akademie verwelkom en ontvang hulle gesogte STF-vlerkies. Hierdie Takies van die elite taktiese eenheid, hanteer hoërisiko-operasies wat buite die omvang van algemene polisiewerk val en gespesialiseerde vaardighede vereis.
Volgens genl.maj. Nonkululeko Phokane het dié lede die basiese opleidingsprogram vir die spesiale taakmag suksesvol voltooi. Hulle sal die bestaande kapasiteit van operateurs versterk wat betrokke is by hoërisiko- en gyselaarsituasies, ontvoerings, kontant-in-transito-rooftogte en onwettige mynbou-aktiwiteite. Nog 16 lede sal ook by die parade wees om hul operateurskentekens te ontvang nadat hulle alle verpligte kursusse voltooi het en een jaar se operasionele ervaring opgedoen het.
Die identiteit van die operateurs word geheim gehou.
Die oorhandiging en verwelkoming van die operateurs kan hier gekyk word.





