INTERNASIONAAL. – Oekraïne en Rusland het mekaar oornag aangeval, met sterfgevalle aan albei kante, terwyl vredesamesprekings in Abu Dhabi aan die gang is.
Lees ook: Kinders dood in Russiese aanval op Oekraïne
Volgens die staatnooddiens van Oekraïne is minstens twee residensiële woonstelblokke oornag in die aanvalle getref, met twee mense dood en ses beseer. Een van die oorledenes was in ‘n residensiële gebou wat naby die oosbank van die Dnipro-rivier getref is.
Rusland se verdedigingsministerie het gesê dit het 249 Oekraïense hommeltuie afgeskiet. Volgens die waarnemende goewerneur van Rostov is minstens drie mense oorlede.
Die aanvalle kom te midde van vredesamesprekings om die oorlog te beëindig wat in Abu Dhabi plaasvind. Volgens die BBC verloop dit sover goed.
Bronne: BBC, The Independent, CNN





