Lees ook: Beurtkrag – fase 2 tot môre ingestel
President Cyril Ramaphosa het tydens die ANC se 112de bestaansvieringe op 8 Januarie in ‘n toespraak gesê hy belowe hy sal die NGV-wetsontwerp ondanks hewige teenstand ’n wet maak.
Hy het gesê: “Dit gaan gebeur of hulle nou daarvan hou of nie” en “Ek kan sê dit sal voortgaan”.
Ramaphosa het in sy hoedanigheid as die ANC se president gepraat. As die land se president is hy die een wat die wetsontwerp moet teken sodat dit ’n wet word.
Sy kommentaar het veroorsaak dat kiesers nie meer sy versekering van verlede jaar om “nie net die wetsontwerp te teken nie” glo nie.
Bronne: BusinessTech, BizCommunity, Africa Press, My Broadband
Lees ook: Beurtkrag – fase 2 tot môre ingestel





