Olimpiese atleet wat meisie (12) verkrag, Australiese visum geweier

Lees ook :

Olimpiese atleet wat meisie (12) verkrag, Australiese visum geweier fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – Die Nederlandse Olimpiese strandvlugbalspeler, Steven van de Velde, wat ‘n Britse meisie (toe 12) in 2014 verkrag het, se visumaansoek om in Australië deel te neem, is afgekeur.

Lees ook: Voormalige Olimpiese afrigter aangekla van kinderseksuele misdrywe

Steven van de Velde (31) sou volgende maand aan die wêreldkampioenskapbyeenkoms vir strandvlugbal in Adelaide deelgeneem het, maar Australië het sy visumaansoek afgekeur. Dit volg nadat Suid-Australië se prokureur-generaal, Kyam Maher, ‘n brief aan die federale regering gestuur het om te eis dat sy visum afgekeur word. Die brief het gesê: “Ons glo nie buitelandse kinder-seksmisdadigers moet toegang tot hierdie land kry nie”.

Van de Velde is in 2014 na die meisie, wat hy deur Facebook ontmoet het, se huis in Engeland, waar hy haar verkrag het. Hy is terug na Nederland, maar is in 2016 aan die VK uitgelewer en in hegtenis geneem. Tydens sy vonnisoplegging het die hof gehoor hy het geweet hoe oud sy was.

Hy het 12 maande van ‘n 4-jaar vonnis uitgedien en weer in 2018 begin deelneem aan sport.

Van de Velde het verlede jaar ten spyte van sy misdaadrekord aan die Olimpiese Spele deelgeneem.

Bronne: BBC, ABC, Daily Mail

Lees ook: Voormalige Olimpiese afrigter aangekla van kinderseksuele misdrywe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief