Olimpiese judoka gee terug

Lees ook :

Op die foto leer Anja de Villiers (9) Somerset Wes, vir Michaela die fynere kuns van ‘n goeie judogooi.
Op die foto leer Anja de Villiers (9) Somerset Wes, vir Michaela die fynere kuns van ‘n goeie judogooi.Foto Johan Maree aXnshots

Lees ook: Passievolle judoka kwalifiseer vir 2de Olimpiese Spele

Geronay Michaela Whitebooi, (oor wie Nuusflits vroeër berig het) het onderneem om haar ondersteuners te bedank na haar terugkeer vanaf die Olimpiese Spele in Franryk. Sy het dan ook die daad by die woord gevoeg en verskeie judoklubs landwyd besoek.

Gedurende die laaste week van Augustus het sy haar Kaapse ondersteuners persoonlik gaan bedank en ‘n week lank by skole judo geoefen. Sy het kinders van so jonk as agt tot volwassenes gemotiveer, geïnspireer en ook terugvoer oor haar ervaring in Parys gegee.

Volgens Michaela is dit belangrik om terug te gee aan die volgende geslag. “’n Mens moet hulle leer wat jy op jou reis geleer het sodat, indien hulle deur dieselfde uitdagings in die gesig gestaar word, hulle die resultate wat jy as teiken gestel het, kan oortref.”

En ook: “’n Mens verloor nie in sport nie, jy leer en raak beter” Michaela het geduldig na elke oefening die kinders kans gegee om vrae te vra en sorgvuldig geantwoord.

So wil sy teruggee. Michaela gaan voort deur te noem dat ondersteuning vir enige atleet baie belangrik is: “Jy raak eintlik selfsugtig met jou tyd as jy moet konsentreer op jou voorbereiding, juis daarom is dit belangrik om te kom dankie sê na die reis”.

Lees ook: Erasmus wys die Springbok-groep vir NZ-toetse aan

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief