Onderwyser dood en 25 meisies ontvoer by skool in Nigerië

Lees ook :

Onderwyser dood en 25 meisies ontvoer by skool in Nigerië fotokrediet: Canva

NIGERIЁ. – ‘n Onderwyser is gister dood en 25 meisies ontvoer in ‘n aanval op ‘n meisieskool in Nigerië.

Lees ook: Wenner van Paralimpiese goue medalje Paige Greco (28) oorlede

‘n Groep gewapende mans het gister die sekondêre skool Government Girls Comprehensive binnegeval. ‘n Skietery tussen die aanvallers en die polisiepersoneel aan diens het uitgebreek. Die aanvallers het daarna oor die skool se heining geklim en die meisies uit die koshuis ontvoer. Een onderwyser is doodgeskiet toe hy die leerlinge wou beskerm en ‘n tweede een is gewond.

Getuies het aan die BBC gesê die aanvallers is met die meisies na ‘n bosagtige gebied naby die skool. ‘n Grootskaalse soektog na die ontvoerde meisies is begin.

Oor die afgelope dekade is skole in die noorde van Nigerië gereeld deur groepe gewapende aanvallers geteiken wat ontvoerings uitvoer om ‘n losprys te eis.

Bronne: BBC, CBC, Sky News

Lees ook: Wenner van Paralimpiese goue medalje Paige Greco (28) oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief