Onderwyser geskors oor hy transgender leerlinge nie gekose voornaamwoord wil gee

Lees ook :

Onderwyser geskors - wil nie transgender leerlinge 'dit' nie(Foto: New York Post)
Onderwyser geskors - wil nie transgender leerlinge 'dit' nie(Foto: New York Post)

VIRGINIA, AMERIKA. – ‘n Onderwyser by ‘n skool in Virginia is op tydelike verlof geplaas ná hy glo openlik geweier het om transgender leerlinge op hul gekose voornaamwoorde te noem.

Byron ‘Tanner’ Cross het Dinsdag by ‘n Loudoun skoolvergadering gepraat oor transgender studente toe hy dié uitlating gemaak het.

“Dit is nie my bedoeling om enigiemand seer te maak nie,” het hy in ‘n aanlynvideo gesê. “Maar daar is waarhede wat ons moet aanvaar.”

“Ek is baie lief vir al my studente, maar ek sal nooit vir hulle jok nie, maak nie saak wat die uitkoms is nie. Ek is ‘n onderwyser, maar ek dien God eerste, en ek sal dit nie goedkeur dat ‘n biologiese seun ‘n meisie kan wees nie, en andersom, want dis teen my geloof.”

“Dis jok vir ‘n kind, dis mishandeling van ‘n kind, en dis ‘n sonde vir ons God,” het hy gesê.

Die onderwyser is geskors en die skool het ouers via e-pos hiervan ingelig. “Omdat hierdie persoonlik is, kan ek nie verder uitbrei nie,” het Shawn Lacy, skoolhoof van die skool gesê.

Die onderwyser se vrou het egter op ‘n Facebook-inskrywing gesê dat hy geskors is as gevolg van sy praatjie.

Sy het ook geskryf dat haar man hartseer was omdat hy nie die kans gegun is om sy leerlinge te groet nie en dat hy “alles in sy vermoë” sal doen om weer na sy werk terug te keer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief