Ongeïdentifiseerde liggaam uit Hartbeespoortdam gehaal

Lees ook :

Foto: Ifafi Aquatic Club

NOORDWES. – Polisieduikers het die liggaam van ’n jong man uit die Hartbeespoortdam naby die Ifafi Aquatic Club gehaal.

Kapt. Majang Skalkie, polisiewoordvoerder, sê die polisieduikspan het Donderdagaand laat tydens ’n soektog op die liggaam afgekom, nadat daar inligting ontvang is oor ’n moontlike verdrinking wat reeds Sondag plaasgevind het. Die oorledene, wat na raming ongeveer 20 jaar oud is, is nog nie geïdentifiseer nie. Hy is gevind met ’n swart broek aan.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en die omstandighede word nog ondersoek. Die polisie doen ’n beroep op mense om versigtig te wees in die omgewing van oop waterbronne, aangesien dit gevaarlik kan wees.

Lede van die publiek wat moontlik kan help om die identiteit van die oorledene vas te stel, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Abinaar Mohlaki, by 082 492 3994 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief