Brekende Nuus
Afrikaans

Ongelisensieerde bestuurder vlug na ongeluk

Ongelisensieerde bestuurder vlug na ongeluk

fotokrediet: Facebook
Ongelisensieerde bestuurder vlug na ongeluk fotokrediet: Facebook

Lees ook: Koue front en sneeu vir die naweek voorspel

KZN. – ’n Ongelisensieerde bestuurder het gister op vlug geslaan na ’n ongeluk in Ottowa, KwaZulu-Natal.

Reaksie-eenheid SA het gesê ’n Nissan Qashqai het ’n Mercedes-Benz probeer verbysteek wat besig was om by ’n huis in te draai. Die Qashqai het in die Mercedes vasgery en toe ’n houtpaal getref.

Volgens ooggetuies het die bestuurder van die Qashqai te voet gevlug. Sy broer het later na die toneel teruggekeer en gesê hy het weggehardloop, want hy het nie ’n lisensie nie.

Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: Facebook

Lees ook: Koue front en sneeu vir die naweek voorspel