’n Toyota Corolla en ’n bakkie was Dinsdagmiddag omstreeks 15:30 in ’n botsing betrokke.
Die insident het by die kruising van Long- en Waterwerkestraat gebeur. Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie.
Nooddienste was op die toneel.