’n Man is Saterdagaand net buite Hartswater na bewering tydens ’n tref-en-trap onthoof.
Kop in kanaal gevind
“Na is soektog van byna drie dae het die provinsiale SAPD soek-en-reddingspan die oorledene se kop Dinsdagmiddag in ’n kanaal, 40m vanwaar die voorval gebeur het, gekry,” sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.
Verdagte gee homself oor
Die verdagte (39) in die tref-en-trap voorval het homself glo vanmiddag by die Hartswater-polisiekantoor oorgegee.
Saak word ondersoek
Die omstandighede rondom die voorval is nog onduidelik. Enigiemand met inligting kan lt.-kol Isaac Sereetsi by 082 494 42 12 bel.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.