OEKRAÏNE. – Ongeveer 14 mense is dood ná Rusland oornag aanvalle op Oekraïne geloods het.
Lees ook: Sowat 7 dood in aanval deur Rusland op Kijif-gebied
Volgens Oekraïne se lugmag het Rusland 352 hommeltuie en 16 vuurpyle op Oekraïne afgevuur. Die lugmag het gesê dit kon 339 hommeltuie en 15 vuurpyle keer voor dit enige teikens getref het.
9 mense is in Kijif dood ná ’n woonstelgebou gedeeltelik ineengestort het. ’n Hoërskool in die Odesa-gebied is getref en twee personeellede is oorlede.
Hospitale, huise en sportsinfrastruktuur is ook deur die vuurpyle en hommeltuie beskadig.
Bronne: Euronews, PBS, Irish News
Lees ook: Sowat 7 dood in aanval deur Rusland op Kijif-gebied





