Deur Le Roux Schoeman vir Kerkbode
Die dagbestuur van die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) van die NG Kerk het “met hartseer” reageer op die besluit wat op 20 Maart in Windhoek deur afgevaardigdes van die NG Kerk in Namibië geneem is om hulself “los te maak van Algemene Sinodale verband.”
“Ons respekteer ook die erns en sorgvuldigheid waarmee (NG Kerk in Namibië) die afgelope vyf jaar oor hierdie stap besin het en in verskeie ontmoetings daar én hier, met ons daaroor in gesprek was,” lui die skrywe van die dagbestuur. (Lees die volledige skrywe op Kerkbode se webblad).
“Ons hoop om spoedig van die NG Kerk in Namibië te verneem en hul amptelik te kan ontmoet ten einde duidelikheid te verkry oor hoe ons hul besluit teologies moet verstaan, oor hoe hulle die pad vorentoe sien en oor hoe ons op ʼn nuwe en welwillende wyse ons gedeelde Christelike getuienis in Suider-Afrika sal kan laat hoor.”
Die besluit wat die NG Kerk in Namibië vandeesweek geneem het, praat van ’n “nuwe bedeling” en ’n soeke na samewerking en ondersteuning met “ander rolspelers in die koninkryk”.
LEES OOK: NG Kerk Namibië tree ná jarelange proses uit verband met NG Kerk se Algemene Sinode
LEES OOK: Lesse vir Suid-Afrika uit die NGKN se sinodale proses
KYK OOK: Uiteenlopende reaksie: NG Kerk in Nam maak bande los met Algemene Sinode





