Mimi Coertse, Suid-Afrika se primadonna en beroemdste sopraan, het Maandagaand in die ouderdom van 93 in haar slaap gesterf. Meer besonderhede is nie bekend nie.
Coertse, wat internasionaal bekendheid verwerf het, is in 2020 by die Suid-Afrikaanse legendesmuseum as ‘n lewende legende ingehuldig. Sy is in Durban gebore en het internasionale roem verwerf en vir meer as twee dekades aan die Weense staatsopera verbonde gebly. Sy was veral bekend vir haar rol as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit, wat sy meer as 500 keer vertolk het. Sy het in sowat 30 operas opgetree.
Benewens haar roemryke internasionale loopbaan het sy ook ’n groot bydrae gelewer tot die Afrikaanse kunslied en die ontwikkeling van jong sangers in Suid-Afrika.
Bronne: The South African Legends Museum, SABC News, Wikipedia, 4 Keeps Internet Radio – SA Vermaak en Geskiedenis





