‘Ontvoerde’ meisie (14) vrygelaat

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie (Canva) Skermskoot: Laudium Sun Page

GAUTENG. – ’n Veertienjarige meisie wat na bewering Vrydagmiddag 7 Augustus 2026 helder oordag in 7de Laan in Mayfair, Johannesburg ontvoer is, is volgens berigte veilig gevind.

’n Video van die insident wat deur Yusuf Abramjee gedeel is, wys waar ’n groep kinders uit ’n voertuig klim en ’n ander voertuig agter hulle stop. Die beeldmateriaal wys verder hoe een persoon, in swart geklee, die veertienjarige meisie van agter af gryp en in die ander voertuig indruk en wegry, terwyl die ander kinders toekyk.

Volgens Laudium Sun se platform is die meisie ’n graad 10-leerling aan die Nizamaya Islamic Girls School. Sy was glo op pad terug huis toe van die skool af toe die insident plaasgevind het. Die gemeenskap is ná haar verdwyning gevra om enige leidrade by die Suid-Afrikaanse polisiediens aan te meld.

Abramjee het Saterdagoggend op sy plasings aangedui dat die meisie vrygelaat is. Dit is nog nie bevestig of daar ’n losprys geëis en betaal is nie. Dit is ook nog nie bekend of enigiemand in hegtenis geneem is nie.

Die insident volg ná die ontvoering van Alex van Heerden (26) wat Woensdag 5 Augustus in Northcliff, Johannesburg ontvoer is. Sy is ook later veilig gevind. Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi is daar sover een verdagte vir van Heerden se saak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief