Onwettige verslankingsinspuitings in beslag geneem

Lees ook :

Foto's: Sahpra

GAUTENG. – Twee van Suid-Afrika se gesondheidsowerhede het gesamentlik opgetree teen ‘n apteek in Silverton, Pretoria, wat glo sogenaamde verslankingsinspuitings onwettig vervaardig en versprei het. iDexis (Pty) Ltd Trading as Sentra Apteek is op 11 Mei deursoek en alle produkte wat semaglutied en tirzepatied bevat het, is in beslag geneem.

Sahpra, saam met die Suid-Afrikaanse Aptekersraad (SAAR), het tydens die inspeksie ernstige tekortkominge ontdek. Die apteek het grootskaalse vervaardiging onder die dekmantel van wettige “saamstelling” bedryf, ongetoetste en onwettig ingevoerde bestanddele gebruik en dit boonop onder swak steriele toestande sonder enige stelsel om newe-effekte by pasiënte te monitor.

Wat die saak nog meer kommerwekkend maak, is dat daar verslae is van pasiënte wat ná die gebruik van hierdie produkte gehospitaliseer is. Die apteek is nou verplig om ‘n volledige herroeping van alle verspreide produkte te inisieer.

Die verkoop, gebruik of aanprysing van ongeregistreerde medisyne is onwettig en hou ernstige risiko’s vir die publiek in. Lede van die publiek word aangeraai om by geregistreerde gesondheidswerkers advies te soek oor veilige en goedgekeurde behandelingsopsies, en om verdagte produkte by Sahpra aan te meld.

Lees die volledige verklaring deur hier te druk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief