Navorsing toon dat oormatige skermtyd ’n ernstige impak op kinders se geestesgesondheid en ontwikkeling het. Die South African Society of Psychiatrists (Sasop) waarsku dat die land se swaar digitale gebruik bydra tot ’n groeiende krisis onder jongmense.
Luidens ‘n verklaring van Mike Bolhuis van Specialised Security Services bestee volwassenes gemiddeld meer as nege uur per dag op slimfone, waarvan ’n groot deel aan sosiale media. Adolessente wat meer as vyf uur per dag aan skerms bestee, loop ‘n 70% groter risiko om selfdoodgedagtes of -gedrag te ervaar in vergelyking met dié wat minder as een uur daaraan blootgestel is. Selfs vier tot ses uur se skermtyd word gekoppel aan hoër vlakke van angs en depressie.
Navorsing toon dat oormatige skermtyd ook slaap versteur, aandag en konsentrasie beperk, sosiale onttrekking bevorder, en blootstelling aan skadelike aanlyn inhoud soos kuberafknouery en pornografie verhoog. Klinici merk selfs “virtuele outisme”-agtige gedrag by kinders wat grootgeword het met langdurige skermtyd, insluitend verminderde oogkontak en beperkte geselsvaardighede. Die gevolge strek verder as geestesgesondheid. Kinders se akademiese prestasie ly weens afleidings, fisiese gesondheid word benadeel deur fisiese onaktiwiteit, slaaptekorte en verminderde buitelugaktiwiteite, en sosiale vaardighede ontwikkel nie volledig nie. Adolessente kan lae selfbeeld, angs oor sosiale media en swak emosionele regulering ontwikkel.
Navorsers en gesondheidskundiges beveel aan dat ouers skermtyd beperk tot hoogstens twee uur per dag vir ouer kinders, om gesonde digitale rolmodelle te wees, skermvrye sones en skermvrye tyd te skep en kinders aan te moedig om buite te speel. Skole word ook aangespoor om die hoeveelheid digitale huiswerk en kennisgewings te evalueer en aflyn deelname te bevorder. ‘n Beroep word op beleidsmakers gedoen om riglyne vir skermgebruik in skole daar te stel, gesondheidsveldtogte te loods en toegang tot geestesgesondheidsdienste te verbeter.
“Ons kinders se geestesgesondheid betaal die prys wanneer skerms bo slaap, speel en gesels prioriteit kry,” sê Mike Bolhuis, spesialisondersoeker van Specialised Security Services se eenheid vir Ernstige Gewelddadige, Ekonomiese en Kubermisdaad. Hy voeg by dat samewerking tussen ouers, skole en beleidmakers noodsaaklik is om kinders se emosionele en kognitiewe ontwikkeling te beskerm.
Druk hier om meer te lees.
Bron: Mike Bolhuis, Specialist Investigators into Serious Violent, Serious Economic Crimes & Serious Cybercrimes, Specialised Security Services






One Response
https://farmaciabesurica.com/# Scegli Farmacia