Oos-Kaap getref deur oorstromings, sneeu en padprobleme

Lees ook :

Foto's: Oos-Kaap Departement van Vervoer

OOS-KAAP. – Die departement van vervoer in die Oos-Kaap waarsku motoriste om versigtig te wees, nadat verskeie paaie tans gesluit of moeilik begaanbaar is. Dit kom ná swaar reën, oorstromings en koue weer oor dele van die provinsie voorgekom het.

Koue weer het met ligte sneeu in Rubidgekloof in die rigting van Nieu-Bethesda, asook tussen Carlton Heights op die roete tussen Middelburg en Noupoort, gepaard gegaan. In Gqeberha is die N2, naby Volvo Trucks, oorstroom en vir verkeer gesluit. Motoriste word aangeraai om die afrit by Deal Party na John Tallant te neem. Die M4-afrit vanaf Summerstrand na die N2 is ook oorstroom en verkeersbeamptes is teenwoordig om die verkeer te beheer. Nog paaie wat oorstroom en gesluit is, is die R102 tussen Gamtoosmond en Thornhill, die N2 agter Goods Shed in die rigting van Bluewater Bay, asook die Addo-pad onder Grahamstad. In nog ’n voorval het ’n sypaadjie in die William Moffett-omgewing in die rigting van Laerskool Walmer West, naby ’n substasie, meegegee en die publiek word gemaan om versigtig te wees. Omgewaaide takke en klein bome belemmer verkeer in een baan van die N2 tussen Permitvlei en Dieprivier.

Waar moontlik, moet daar liefs van alternatiewe roetes gebruik gemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief