Op my eish! se nuutste episode stel nie teleur nie

Lees ook :

Chaunte en Christine was veral tydens die episode in mekaar se hare. Foto's: kykNET

Die sesde episode van Op my eish! was aksiebelaai, met konflik, katterigheid en nog ’n soen.

Chaunte het Christine voor die hele groep gekonfronteer oor haar voorspellings van die vroue wat volgende huis toe gaan. Christine hou egter vol Chaunte en Natasha het in die vorige episode gevoel hulle het nie ’n band met Brendan nie en het self gedink hulle sou hulle tasse moes pak.

Brendan erken aan die aanbieder, Jo Black, dat Katja definitief in sy top twee is. Hy bloos sommer!

Runet, Katja, Chaunte en Thelmané woon saam met Brendan ’n dansklas by. Katja is nie in haar skik daarmee dat Clarissa baie aan Brendan vat nie.

Brendan verklaar aan Runet tydens hulle eerste alleenafspraak dat hy nie wil hê sy vrou moet eendag werk nie. Hy vra haar ook weer oor haar sussie uit.

Tydens ’n visvang-ekspedisie soen Brendan vir Janae. Die twee wil mekaar beter leer ken. 

Uiteindelik is dit Sonel wat haar tasse moet pak. Brendan voer aan die aantrekkingskrag tussen hulle is nie wat hy gehoop het dit gaan wees nie.

Kykers kan na ’n abseiling-debakel in die volgende episode uitsien. 

Bronne: kykNET, Terloops

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief