Kyk: Steve se nuwe liedjie vir sy Romy-lee

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Steve Hofmeyr Facebook-blad

Steve Hofmeyr het ‘n splinternuwe liedjie genaamd Romy vir sy jongste spruit, Romy-lee, vrygestel.

Die treffende deuntjie op die maat van Cindy word deur Rocco de Villiers op die klavier begelei.

Romy-lee is die jongste van Steve se ses kinders.

Steve het ook destyds vir sy oudste dogter Charissa, wat tans in Suid-Korea woon, ‘n liedjie genaamd Ek Ken Jou Soms geskryf toe sy twee jaar oud was.

Steve Hofmeyr is trots op al ses sy kinders – Charissa wat die oudste is, Armand, Devon, Benjamin, Sebastian en Romy-lee – wat haar pa letterlik en figuurlik op sy tone probeer hou soos in die video gesien kan word.

Armand Hofmeyr het sy pa gelukgewens met die nuwe liedjie en ook genoem dit is reeds meer as 200 000 keer gekyk.

Foto: Steve Hofmeyr op sosiale media

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief