Oud-gevangene in hegtenis geneem vir moord op polisiebeampte

Lees ook :

Oud-gevangene in hegtenis geneem vir moord op polisiebeampte
Oud-gevangene in hegtenis geneem vir moord op polisiebeampte fotokrediet: Canva

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Mxengeni Eric Lembethe (44), ‘n oud-gevangene, is op 30 Junie in Orange Farm in hegtenis geneem vir die moord op ‘n polisiebeampte.

Lembethe is glo verbind aan die moord op sers. Gift Moloi wat by die Thokoza-polisiestasie gewerk het. Moloi was op 10 Desember 2022 saam met sy vriend in sy privaat voertuig toe Lembethe en sy medepligtiges hulle glo gekaap en geskiet het. Moloi is dood en sy vriend beseer.

Lembethe is ook aan ’n ander moord in Ratanda verbind en sal vandag sy verskyning in die Heidelberg-landdroshof vir daardie saak maak.

Hy sal môre in die Palm Ridge-landdroshof verskyn vir die moord op Moloi.

Bronne: SAPS

Lees ook: Polisie ondersoek dood van beweerde rower

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief