Oudpresident Jimmy Carter op 100 oorlede

Lees ook :

Oudpresident Jimmy Carter oorlede in ouderdom van 100 fotokrediet: Facebook

Lees ook: Daily lotto uitslae vir 29 Desember 2024

VSA. – Die Amerikaanse oudpresident Jimmy Carter is in die ouderdom van 100 dood. Hy was die 39ste president van die VSA en die wenner van die Nobelprys in 2002.

Carter is gistermiddag in sy huis in Plains, Georgia, oorlede. Hy is volgens sy familie vreedsaam in hulle teenwoordigheid oorlede. Carter het verlede jaar behandeling vir ‘n onbekende siekte opgeskort.

Hy word oorleef deur sy vier kinders, 11 kleinkinders en 14 agterkleinkinders. Sy vrou, met wie hy 77 jaar getroud was, is verlede jaar oorlede. President Joe Biden het aangekondig vlae sal uit eerbetoon halfmas hang. Inligting oor sy begrafnis sal mettertyd bekend gemaak word.

Bronne: BBC, CNN, The Carter Center

Lees ook: Daily lotto uitslae vir 29 Desember 2024

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief