Pa red seun in brand, nog 2 brand dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ‘n Pa kon vanoggend (Woensdag) vroeg sy seun (10) betyds in ‘n brand in ‘n schack by Naledi Square red. Sy twee ander kinders, ‘n meisie (14) en haar kleuterboetie (4), het in die brand omgekom.

Volgens sers. Mahlomola Kareli het die pa omstreeks 01:30 wakker geword van die kinders wat skree dat die schack brand. Hy het die kind die naaste aan hom gegryp en hom na veiligheid geneem. Met die vuur wat vinnig alles in sy pad verswelg het, kon die pa egter nie by sy ander twee kinders uitkom nie.

Die Sonskyn-polisiestasie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen om die omstandighede van die brand te ondersoek. Kareli sê die name van die oorlede kinders word teruggehou uit respek vir die familie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief