Bestuurder gesoek nadat oorstroomde rivier voertuig meesleur

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Man (31), die bestuurder van ‘n voertuig, wat Maandagaand in Atok deur ‘n oorstroomde rivier meegesleur is, word steeds deur die Apel-polisiekantoor gesoek. Die voertuig is reeds gevind.

Kol. Malesela Ledwaba sê in ‘n verklaring ‘n passasier in dieselfde voertuig kon homself red en het mediese behandeling ondergaan. Hy is reeds ontslaan. Toe die voertuig opgespoor is, kon daar aanvanklik weens gevaarlike weerstoestande nie daarby uitgekom word nie.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, het almal wat by die soekoperasie betrokke is, bedank en die publiek gewaarsku om tydens swaar reën versigtig by riviere te wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief