Brekende Nuus
Nuus

Paarl-hospitaal se noodsentrum onder druk

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Die Drakenstein-munisipaliteit vra inwoners om hul naaste kliniek of daghospitaal vir geringe kwale te gebruik, aangesien die Paarl-hospitaal se noodsentrum onder groot druk bly namate pasiëntgetalle toeneem.

Die munisipaliteit vra dat inwoners ook klinieke of daghospitale vir die roetinebestuur van chroniese siektes en geskeduleerde gesondheidsbesoeke gebruik. Dit help om die noodsentrum se personeel en hulpbronne beskikbaar te hou vir pasiënte wat dringende of lewensreddende sorg nodig het.