Paartjie van die dag: Christiaan en Adanté

Lees ook :

Christiaan Esterhuizen (28) en Adanté Stopforth (22), van Mooinooi in Noord-Wes, het deur vriende ontmoet en is al amper twee jaar saam.

Adanté sê kommunikasie is iets waaroor albei van hulle baie sterk voel.

Met nog net viervoetkinders, sê sy, kan hulle nog gereeld op spesiale afsprake (date nights) gaan.

“Daar was al moeilike tye, maar ons hanteer dit op verskillende maniere. Ons sal gaan afkoel en dan weer daaroor praat.”

Haar liefdestaal is om vir Christiaan iets te doen of geskenke te gee, waar syne definitief aanraking en kwaliteittyd saam is.

Adanté sê hulle kom baie goed oor die weg met hulle skoonouers aan albei kante.

Die drie belangrikste goed vir hulle in ‘n verhouding is, vertroue, kommunikasie en tyd vir mekaar.

As jy wil inskryf vir die #liefdesmaand paartjie van die dag, stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief