NOORDWES. – 14 onwettige mynwerkers is dood en tientalle ander is beseer in ’n voorval by ’n verlate myn in Nkaneng, naby Rustenburg.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Lt.genl. Arthur Peter Adams, die provinsiale polisiekommissaris, is onderweg na die toneel.
Meer besonderhede oor die omstandighede van die voorval en die toestand van die beseerdes is nog nie bekend nie.





