Adjunkpresident Paul Mashatile is vanoggend deur die hoofregter van die grondwethof, Nonkosi Zoliswa Mhlantla, as die waarnemende president van Suid-Afrika ingesweer. President Cyril Ramaphosa is tans op ‘n amptelike besoek in die Republiek van Angola.
Deputy President @PMashatile has today, Thursday 08 August 2024, been sworn-in by Constitutional Court Justice Nonkosi Zoliswa Mhlantla as Acting President of the Republic of South Africa.
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) August 8, 2024
President @cyrilramaphosa is on a Working Visit to the Republic of Angola. pic.twitter.com/6I3WS7NwRs
Mashatile het die eed afgelê terwyl Ramaphosa in Angola is om met president João Manuel Gonçalves Lourenço te vergader. Volgens ‘n verklaring van Vincent Magwenya, woordvoerder van die kantoor van die presidensie, word hy vergesel deur Ronald Lamola, die minister van internasionale betrekkinge, asook Angie Motshekga, die minister van verdediging.