Pitbull-teler skuldig aan dieremishandeling van pitbull-tipe honde

Lees ook :

Foto: NDBV

KWAZULU-NATAL. – Die nasionale dierebeskermingsverenigng van Suid-Afrika (NDBV) het ‘n skuldigbevinding vir dieremishandeling teen Amod Sheik in die Pietermaritzburg-landdroshof verkry. Die ondersoek na die mishandeling van 17 pitbull-tipe honde het in 2022 begin met ‘n anonieme klagte oor honde wat onder swak toestande aangehou word.

Luidens ‘n verklaring van die NDBV het hoofinspekteur Nazareth Appalsamy en die Pietermaritzburg-DBV die perseel ondersoek en honde in ‘n swak toestand gevind. Twee honde is aanvanklik in die sorg van die NDBV geneem. Nog diere is later verwyder toe hul toestand versleg het, ondanks die feit dat die eienaar die geleentheid gehad het om die omstandighede te verbeter.

Sheik is tot ’n boete van R3 000 of drie maande gevangenisstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan ’n oortreding van die dierebeskermingswet nie. Die NDBV sê die saak bevestig dat dieremishandeling ernstig opgeneem en vervolg sal word.

’n Tweede ondersoek deur die polisie is ook aan die gang nadat ’n verdere klagte in November 2023 deur die Pietermaritzburg-DBV geregistreer is.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief