Vodacom en Kenneth Nkosana Makate, die persoon wat die idee vir die Please Call Me uitgedink het, het die hofsaak wat in 2008 begin het, Dinsdag buite die hof geskik.
Lees ook: Please Call Me-saak terugverwys na appèlhof
Die bedrag wat Makate as deel van die skikking gaan ontvang, is onbekend. Vodacom het Woensdag bevestig die raad het ‘n ooreenkoms met Makate bereik en dat albei partye gelukkig is dat die saak geëindig het.
Makate was ‘n leerling-rekenmeester by Vodacom in 2000 toe hy die idee vir die Please Call Me uitgedink het. Hy het die idee met sy base gedeel. In 2008 het Makate hof toe gegaan omdat die maatskappy nie ‘n verbale ooreenkoms om hom vir sy idee te betaal, nagekom het nie.
Makate en Vodacom was vir jare in die hof met Makate wat vroeër ‘n aanbod van R47 miljoen geweier het.
Bronne: IOL, My Broadband, ECR





