Lees ook: Vodacom Please Call Me-saak die week in die hof
Nkosana Makate en Vodacom is vandag in die Konstitusionele Hof vir die beslissing oor die Please Call Me-saak.
Makate het 16 jaar gelede ’n hofsaak teen Vodacom begin om vir sy idee betaal te word. Hy het die idee vir die Please Call Me-funksie uitgedink en is glo nooit daarvoor betaal nie.
Vodacom staan ’n besluit van die hof van appèl teen wat in Februarie beslis het dit moet Makate tussen 5% en 10% betaal van die totale inkomste wat deur Please Call Me in 18 jaar verdien is.
CONCOURT RULES ON MAKATE VS VODACOM 'PLEASE CALL ME' DISPUTE https://t.co/V2r5uuXuqP
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) November 21, 2024
Bronne: TechCentral, X





