Poetin sê dele van vredesplan onaanvaarbaar, dreig Europa met oorlog

Lees ook :

Poetin sê dele van vredeplan onaanvaarbaar, dreig Europa met oorlog fotokrediet: X

RUSLAND. –  Die Russiese president, Wladimir Poetin, het gesê sommige dele van die Amerikaanse vredesplan wat deur Kijif en Europa verander is, is “onaanvaarbaar” en as Europa “’n oorlog wil hê en begin, is ons nou gereed”.

Lees ook: Vredesamesprekings in Rusland gaan vandag voort

Die grootste punt waaroor Oekraïne en Rusland verskil, is dat Rusland wil hê Oekraïne moet terrein opgee wat onder Russiese beheer is, en ook oor veiligheidswaarborge deur Europa.

Daar is ook ‘n verskil tussen Moskou en Oekraïne se Europese vennote oor die verwagtinge van hoe ‘n vredeooreenkoms moet lyk.

‘n Kremlin-woordvoerder het gesê die vergadering tussen Wladimir Poetin en Steve Witkoff was “konstruktief” maar dat dele van die plan “onaanvaarbaar” is vir Rusland. Die woordvoerder het gesê daar sal nog gewerk word aan die ooreenkoms.

Beonnw: BBC, CNN, Evening Standard

Lees ook: Vredesamesprekings in Rusland gaan vandag voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief