Poging tot moord by Galeshewe-daghospitaal

Lees ook :

Foto: Google Maps

NOORD-KAAP. – ‘n Man (23) is Sondagoggend buite Galeshewe-daghospitaal in Kimberley aangerand en verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek.

Lt.kol. Sergio Kock sê die insident het omstreeks 08:15 plaasgevind en een (25) van drie verdagtes is enkele ure later in Galeshewe gearresteer. Twee verdagtes is nog op vrye voet. Die slagoffer is in die hospitaal opgeneem.

Die verdagte sal binnekort op ‘n aanklag van poging tot moord in die hof verskyn.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om adjudant-offisier Marshall Neels by 079 803 2599 te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief