Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar
Donald Trump het die onmiddellike vrystelling van die Israeliese gyselaars wat steeds in Gaza aangehou word geëis.
Hy het gedreig dat as die gyselaars nie voor sy inswering as president vrygelaat is nie, sal daar “hel” wees. Trump word op 20 Januarie 2025 as die nuwe Amerikaanse president ingehuldig.
Hy het gesê as die gyselaars, wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is, nie voor sy inswering vrygelaat is nie, sal hy “dié wat in beheer is van dié wat misdrywe teen die mensdom uitgevoer het se lewens hel maak”.
Trump se dreigement volg na die Israeliese regering die dood van Omer Neutra, wat dubbele burgerskap van die VSA sowel as Israel gehad het, bevestig het. Sy liggaam is steeds in Gaza.
Bronne: The Independent, USA Today, Newsweek
Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar





