NOORDWES. – Verskeie kollegas van AO Eunice Nortman het op polisiegroepe medelye uitgespreek ná haar dood Maandag nadat ‘n motor in Lichtenburg by ‘n plaaslike winkelsentrum haar getref en oor haar gery het. Boodskappe op sosiale media vra dat die verspreiding van ‘n video van die voorval weens die sensitiwiteit daarvan en respek aan haar familie gestaak word.
Nuusflits het die video gesien waar Nortman by ‘n voetgangeroorgang stap. Sy wys na ‘n voertuig wat die volgende oomblik versnel, haar stamp en dan herhaaldelik oor haar middellyf ry terwyl sy saamgesleep word. Die voertuig kom tot stilstand toe dit teen ‘n ander voertuig vasry.
Nortman is een van die Wessels-tweeling en dogter van Bok en Ina Wessels. Frieda Cronjé het op die Facebook-blad Ons Storie geskryf dat die gemeenskap met groot hartseer van Eunice afskeid neem. Sy laat haar man, Willem, haar kinders en ander familielede en vriende agter. Die familie en geliefdes word sterkte toegebid in dié moeilike tyd.
Volgens die NH Kerk in Lichtenburg vind Nortman se troosdiens op Woensdag 28 Oktober 2026 om 11:00 plaas. Die diens word waargeneem deur ds. Gerhard Viviers en sal deur middel van ’n regstreekse aanlyn uitsending (livestream) beskikbaar wees.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.
Lees hier onder wat Ian Cameron oor die voorval en die deel van die video sê:
I am absolutely horrified by the traumatic video circulating of SAPS officer, Eunice Nortman being run over and killed in Lichtenburg. It is heartbreaking and I struggle to comprehend how her life could end like this.
I will not repost the video. Her family and colleagues should not have to keep reliving those moments. She was a person with loved ones, a life and a future. She deserved to get home safely.
Deliberately driving over another human being is evil, and any evidence of that must be pursued without hesitation. Nobody should dismiss this as “just an accident” before the evidence has been properly examined.
The driver must face the full consequences of whatever the investigation establishes. Bail must also be opposed at all cost. Her family deserves answers and justice, not excuses or a case that quietly disappears.
To Eunice’s family, loved ones and colleagues: my heartfelt condolences. What you are going through is unimaginable. Her life mattered. Her death must receive the urgency and seriousness it deserves.