Polisie ondersoek 2 mans se dood naby Lily-myn

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Twee mans is Dinsdag dood naby die Lily-myn in Low’s Creek aangetref, nadat die polisie inligting ontvang het oor twee mans wat vermoedelik dood is.

Luidens ‘n verklaring deur polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane, het die polisie en nooddienste saam by die toneel opgedaag waar die liggame van twee mans onder komberse aangetref is. Albei is op die toneel dood verklaar. Een van die oorledenes is deur ’n familielid geïdentifiseer as sy broer, wat oorspronklik van die Koninkryk van Eswatini is, terwyl die familie van die tweede oorledene steeds opgespoor moet word

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval, of wat die familie van die onbekende oorledene kan help opspoor, om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief