OOS-KAAP. – Die Kariega-polisiekantoor ondersoek ‘n saak van strafbare manslag ná ’n noodlottige motorvoertuigongeluk wat die lewe van Yalinka Senekal, ’n 12-jarige meisie, geëis het. Sy was ‘n gr. 5-leerling van Laerskool Frans Conradie.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Woensdagaand omstreeks 18:30 op die Cuylerstraat-brug in die rigting van Kruisrivier in Kariega plaasgevind. Na bewering het ’n wit Toyota Quantum-taxi in die rigting van Kwanobuhle gery, toe die bestuurder voetgangers langs die brug gewaar het. Volgens inligting het die bestuurder ’n toeter van ’n ander voertuig gehoor en kort daarna die 12-jarige meisie getref. Sy het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder, wat reeds geïdentifiseer is, is nie in hegtenis geneem nie en werk saam met die polisie in die ondersoek wat voortduur.
Medelye van ander skole stroom in:







