Polisie ondersoek poging tot moord op plaas

Lees ook :

Polisie ondersoek poging tot moord op plaas
Polisie ondersoek poging tot moord op plaas fotokrediet; Canva

Lees ook: Perlemoen gekonfiskeer, buitelanders in hegtenis

TZANEEN. – Die polisie is besig om ’n saak van poging tot moord en roof met ’n vuurwapen op ’n plaas in Tzaneen te ondersoek.

’n Onbekende man het glo Donderdag met ’n vuurwapen uit die bosse gekom toe die slagoffer en sy vriend op die plaas rondgeloop het.

Die verdagte het hulle selfone geëis en gesê hulle moet dit op die grond neersit. Een van die slagoffers het met hom baklei vir die wapen toe ’n skoot afgegaan het.

Die slagoffers het gevlug en die een het besef hy is in die linkerbeen geskiet. Hulle is na ‘n hospitaal en het die saak by die polisie aangemeld.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Bronne: SAPD

Lees ook: Perlemoen gekonfiskeer, buitelanders in hegtenis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief