Lees ook: Cosatu beplan staking vir volgende week
LEVUBU. – Die polisie is op soek na ’n groep onbekende verdagtes wat twee OTM’e by een van die winkels in Levubu opgeblaas het.
Sekuriteitspersoneel het gisteroggend die ontploffing gehoor en geweerskote gehoor. Hulle het die polisie gebel, maar met die polisie se aankoms was die verdagtes reeds weg.
Dit is onbekend of enige geld gesteel is. Die polisie ondersoek ’n saak van saakbeskadiging.
Bronne: SAPD
Lees ook: Cosatu beplan staking vir volgende week





