Lees ook: Polisieminister sê inhegtenisnemings is op hande in AKA-moordsaak
DURBAN. – Die polisie het gesê hulle is besig om vordering te maak in die moordondersoek van Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane.
Polisieminister Bheki Cele het in Desember gesê die voertuie en vuurwapens betrokke in die moordsaak is gevind. Twee ooggetuies is glo ook in beskerming geplaas.
Cele het onlangs in ’n onderhoud gesê een van AKA se vriende het hom doodgemaak, alhoewel hy nie name genoem het nie.
Dit was Sondag Forbes se verjaarsdag en die ma van sy agtjarige dogter het gesê hulle dogter sukkel baie.
Forbes en Motsoane is verlede jaar in Februarie buite ’n restaurant in Durban doodgeskiet.
Bronne: Briefly, Daily Voice, Sunday World
Lees ook: Polisieminister sê inhegtenisnemings is op hande in AKA-moordsaak





