Polisie skiet 3 verdagtes dood

Lees ook :

Foto en video: SAPD

NOORDWES. – Drie verdagtes is vanoggend deur die polisie se nasionale intervensie-eenheid doodgeskiet, nadat hulle glo ‘n OTM in Dinokana, in die Motupi Complex op Zeerust, met ‘n bom opgeblaas het.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, is die verdagtes opgespoor in ‘n huis waar hulle in Magogoe in Mahikeng geskuil het. ‘n Skietgeveg het tussen die polisiebeamptes en die verdagtes uitgebreek. Al drie die verdagtes is tydens die skietgeveg dood.

Genl.maj. Ryno Naidoo, die waarnemende provinsiale kommissaris, is tans op die misdaadtoneel teenwoordig. Hy sê in ‘n video-onderhoud die toneel word steeds deur misdaadtoneel-deskundiges geprosesseer. Die liggame van die oorledenes en bewysstukke wat versamel is, sal ná die prosessering van die toneel af verwyder word. Naidoo bevestig daar is geld, springstof en vuurwapens op die toneel aangetref.

Die kommissaris sê voorts meer as 10 of 12 verdagtes word met die saak verbind en die polisie was op hulle spoor, maar was te laat om die misdaad te keer. Die polisie het die verdagtes wel van Zeerust na Mahikeng gejaag. Twee van die verdagtes is tydens die jaagtog in hegtenis geneem, van wie een ‘n polisiebeampte is. Die res van die verdagtes is tot in Mahikeng gevolg, waar die beamptes op meer hulp gewag het, toe die verdagtes glo op hulle begin skiet en hulle teruggeskiet het. Die polisie is tans op die spoor van nog ‘n verdagte. Naidoo sê ‘n ondesoek sal bepaal of meer polisiebeamptes by die misdaad betrokke is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief