LIMPOPO. – Die Polokwane-polisie vra die publiek se hulp om die eienaars van sewe beeste op te spoor wat op 28 November by ’n veiling in Mokopane gevind is.
Luidens kol. Malesela Ledwaba is die diere vermoedelik gesteel. Die beeste is tans in ‘n skut by die Mokopane-DBV waar hulle tot 12 Desember veilig bewaar word vir identifikasie. Speurders van die Polokwane-eenheid vir veediefstal-en-bedreigde spesies doen ’n beroep op die publiek om die wettige eienaars te help opspoor. Die ondersoek duur voort.
Enigiemand met relevante inligting kan konst. Thabang Phakula by 076 481 4351 bel.





